011-4464200

 [email protected]

About > Clients Testimonials > H.P. - "n baie positiewe ondervinding"

H.P. - "n baie positiewe ondervinding"

"Goeie Middag,

Graag deel ek ons de Broglio ondervinding met ander.

Van die eerste dag dat ek de Broglio gekontak het was dit ‘n baie positiewe ondervinding.  Ek was nie seker of ‘n saak het nie maar van dag een af was De Broglio baie positief. 

Ons was baie skepties oor al die dokters wat my seun moes sien en natuurlik was die verslae skokkend maar het dit so baie dinge verstaanbaar gemaak en kon ons ons kind beter help beter aanvaar.

So baie goed was vir ons skokkend en was ons nie bewus van nie en met die hartseer het dit vir ons duidelikheid gegee waarmee ons te doen het.  Ons het aanvanklik nie gedink daar is enige skade aan ons Kind nie maar het met die nodige ondersoeke besef ons het hulp nodig en begin aanvaar dat ons ‘n lang pad het om te stap. My punt hiermee is dat die dokters ondersoeke ongelooflik belangrik is.

Ons kon nie verblyf en vervoer bekostig nie en de Broglio het dit vir ons prorata betaal en dit het die lewe vir ons baie makliker gemaak.  Die feit dat ons van ‘n baie klein dorpie af kom het die vervoer wat De Broglio vir ons gereel het makliker gemaak.  Ons is totaal en al onbekend met Johannesburg en Pretoria en sou totaal en al verdwaal het. Ons was baie tevrede met die gawe vriendelike mense wat ons heen en weer gery het en ons veilig by elke afspraak gekry het. Die gaste huise was elke keer net ‘n plesier om in te woon en ons kon geen fout vind. Die dames wat die afsprake gereel het, die dames wat met ons gekontak het die hele span was vir ons baie goed.

Ons prokureur Nikita het ons verskriklik baie gehelp.  Altyd bedagsaam vriendlik en behulpsaam.

Ons is opreg dankbaar oor ons saak se uitkoms en wardeer elke persoon wat daarmee gewerk het.

Ons sal verseker De Broglio voorstel vir enige iemand.

Baie dankie vir julle almal se geduld en harde werk.

Mooi dag verder"

H.P.

26 September 2019