011-4464200

 [email protected]

About > Clients Testimonials > M.V.H - "Michael De Broglio en sy span is staatmakers en ek beveel hul aan in enige probleem"

M.V.H - "Michael De Broglio en sy span is staatmakers en ek beveel hul aan in enige probleem"

"Ek was in ‘n motorongeluk wat op 17 September 2019 plaasgevind het. Na die ongeluk het ek orals gesoek na iemand wat my kan help met my saak by die “RAF”. Niemand in die Vaaldriehoek wou namens my die saak hanteer nie.

Toe hoor ek van Michael de Broglio.

Ek het dadelik kontak gemaak met hulle en hulle was gewillig om my met hulp te voorsien.  Ek het hulle vertel hoe die ongeluk gebeur het en dat ek onskuldig was want die ander voertuig het die stopteken verontagsaam.

Ek het aan hulle al my inligting en mediese uitgawes sowel as fotos van my voertuig en beserings en polisieverklarings, ens, wat hulle nodig kon kry verskaf.

Dadelik het ek ‘n saaknommer van hulle gekry en de Broglio en sy span was besig om my met hulp te voorsien teen die RAF.

Hulle diens kan ek persoonlik aanbeveel, want hulle het my op die hande gedra. Ek is na die beste dokters gestuur vir verdere mediese ondersoeke sodat hulle net die beste vir die saak kon bewys.  Ek was deurentyd op hoogte gehou van die vordering van die saak.

Daar is toe ‘n finale hofdatum gekry waar ek ook teenwoordig moes wees op 6 Februarie 2023. Ek was maar senuweeagtig, maar Michael de Broglio se span het my gou op my gemak gehad en ons saak het baie goed gegaan en die saak is gewen teen die RAF.  Ek dank die span wat my saak gehanteer het nadat niemand in die Vaaldriehoek kans gesien het om ‘n bejaarde, hulpelose vrou te help nie.

Michael de Broglio en sy span is staatmakers en ek beveel hul aan in enige probleem van watter aard ookal.

Baie dankie

Groete"