“Wie dit mag aangaan:
Hiermee wil ek graag almal by De Broglio Attorneys wat betrokke was met my saak, bedank vir hul vriendelike hulp. Ek was te alle tye op my gemak van ons eerste ontmoetting tot die dag wat my hofsaak afgehandel is. Ek was baie profesioneel dog vriendelik behandel, tenspyte van al my vrae.
Baie dankie vir die spoedige afhandel van my saak.
Julle is voorwaar n wenspan en die beste span om aan jou kant te he.
Van die begin af het ek presies geweet waar ek staan en was daar nooit enige twyfel by my nie, ek was gereeld op hoogte gehou van waar my sake staan en kon rustig met my lewe voortgaan. Ek het altyd geweet ek moet net geduldig wees julle doen alles in julle vermoee om my saak spoedig af te handel.
My saak het net 2 jaar geduur en ek het myself voorberei vir tenminste 3 jaar, so ek is werklik baie tevrede.
Nogmaals baie dankie”
A.D.
26 October 2015