“Hallo David en Michael
Hoop dit gaan goed met julle.
Wil net vir julle en julle span baie dankie se vir als wat julle vir my gedoen het met my dokter besoeke daarbo by julle.
Albert wat my kom haal het natdat hy vir my moes wag; asgv British Airway se tyd met my vertrek vanaf Kaapstad. Ek moes inderhaas my tannie skakel om nuwe kaartjie vir my te koop. Hy het sy hele Sondag daarvoor aan my afgestaan. Een stunning mens; nooit ongeduldig gewees nie al moes hulle tot 6 ure by afspraak wag.
My kamer by Marcel was awesome en is sy so spesiaal en het sy uit haar pad vir my gegaan.
My sagte plekkie vir Solly sal altyd daarwees. Hy so mens mens en ons het so baie gelag en gesels hy my bietjie vandie seer van my broer se sterfte laat vergeet en pyn draagliker gemaak.
Die ondersoeke was glad nie wat ek gedink het dit gaan wees nie. En was regtig uitmergelend verby; maar dis n span uitmuntende dokters en mense wat my gehelp het.
Nou verstaan ek hoekom julle so deeglik is en goed voor bereid is. Dr Volkers het reeds al my hospitaal inligting gehad en met my geheue verlies kon hy my meer laat onthou wat gebeur het. Dit was so goed om te weet hy verstaan waardeur ek is en nog gaan.
Ek moet nog vandie ander dokters sien; en moet ook nog weer vir Me A. Greeff sien vir 45 minute of meer ons was per sms ingesprek. OT afsprake vat langer as 6 ure; net vir as julle my dalk weer moet boek by die ander een wat ek nog moet sien.
Woorde kan nie genoeg dankie se vir julle omgee vir julle kleinte nie.
Baie dankie vir julle bystand en hulp sover.
Mooi aand en veilig wees."
J.R.
8 March 2017